Ons Diens
Omvattende Diens vir Jou Kind se Groei en Sukses
Huiswerkondersteuning
Ons vriendelike personeel verseker dat huiswerk voltooi word, en hulle bied hulp met take en projekte.
Ekstra Hulp
Vir maats wat ‘n ekstra hupstoot nodig het, word inoefening en remediëring teen ‘n addisionele fooi aangebied.
Skryfbehoeftes
Ons het karton, skryfbehoeftes, en komponente vir spesifieke take in voorraad.
Dagbesoekers
Dagbesoekers is welkom teen 'n minimale fooi om etes en verbruikbare items te dek.
Snoepwinkel
Die snoepwinkel verkoop bekostigbare verversings en koeldrank.
Vakansiesorg
Ons is vakansies oop (ingesluit by maandfooi), vir die Desember-vakansie hef ons ‘n maandfooi aangesien dit voldagtoesig insluit en die naskoolfooie tot einde November betaal word.
Oggend Wagklas
Ons het ‘n wagklas voor skool vir maats wie se ouers hulle oodgedwonge voor 7 uur moet aflaai. Hulle sal iets om tee et en te drink ontvang en daarna na die skool vergesel word.
Ontdek Wat Ons Uniek Maak
Kom vind uit hoekom ouers en kinders op Wysneus-Nasorg vertrou vir uitsonderlike nasorg
Ervare Professionele Personeel
Ons toegewyde personeel bied sedert 2012 uitsonderlike nasorgdienste. Met jare se ervaring verstaan ons die unieke behoeftes van elke kind en is ons toegewyd aan hul groei en welstand.
Holistiese Benadering
By Wysneus-Nasorg gaan ons verder as akademie. Ons fokus op emosionele ontwikkeling, kreatiwiteit, waardes, en ‘n liefde vir leer, om te verseker dat jou kind in elke opsig ontwikkel.
Perfekte Ligging
Ons uitsekende ligging naby Laerskool CR Swart se hoofhek bied maklike toegang tot buitemuurse aktiwiteite, wat dit vir ouers en kinders gerieflik maak.
Buigsame Ondersteuning
Ons is hier vir jou kind se akademiese en emosionele ondersteuning gedurende die kwartaal, vakansies en vroeë skoologgende. Ons verstaan die eise van die modern gesinslewe en bied die buigsaamheid wat jy nodig het.
Getuienisse
Ontdek wat ons gelukkige ouers en kinders te sê het
Ek wil BAIE DANKIE sê vir die wonderlike diens wat julle lewer en so mooi na ons kids kyk. Hulle is sowaar gelukkig by julle. Beste naskool wat ek nog gehad het vir hulle!
"Baie dankie vir al julle omgee en mooi kyk na die kinders🌸💗 ons waardeer julle vreeslik baie🌸💗"
Leanè
Jana sê. "Ek kan nie wag vir hierdie vakansie nie, ek kan sommer in my pajamas naskool toe kom😆