Ons hoop dat al die drome wat u vir u kind het sal waar word. Meer belangrik nog, dat hulle as gelukkige kinders sal groot word. Ons as naskool is hier om te help bou aan daardie drome. So kontak ons gerus as ons kan help of om ‘n afspraak te maak om te gesels.

Ons Verhaal

Wysneus-Nasorg is 'n klipgooi van Laerskool CR Swart se hoofhek af en dus naby al die buitemuursebedrywighede. Hier speel ons lekker, want daar is baie plek vir hardloop, balskop en maatjies maak.

Elke kind se vordering is ons prioriteit en daarom fokus ons in die middae op huiswerk, hersiening asook inskerping. Ons uiters bekwame personeel help ook met toets- en eksamenvoorbereiding en leerders geniet ‘n versnapering om 15h15.

Ons is vakansies oop en sluit die laaste werksdag voor die 16de Desember, dit gee vir ons werkende ouers die gemoedsrus dat daar tydens vakansies ook vir hulle kinders voorsiening gemaak word. Ouers wat wisselvallige skedules het, is ook welkom om van ons gebruik te maak op ‘n dag-tot-dag basis of vir 'n vroeë skool-oggend.

Om seker te maak dat jou kind se middagprogram seepglad verloop, het ons ‘n voltydse personeellid wat verantwoordelik is vir die koördinering van elke kind se buitemuurse aktiwitiete. Kospakkies word by die saalhek uitgedeel vir die leerders wat direk na skool aktiwiteite het.

By Wysneus is ons fokus verseker op skool- en leerwerk maar ons maak seker dat elke kind, elke dag raakgeleef word en is bevoorreg om met ouers hande te kan neem om seker te maak dat kinders ook op emosionele vlak kan floreer. Ons fokus op gesonde waardes, kreatiwiteit en kweek ‘n liefde vir leer en lees.

Ons Missie


Ons missie by Wysneus-Nasorg is om 'n veilige en ondersteunende omgewing te skep waarin ons kinders kan groei, leer en floreer. Ons streef daarna om 'n positiewe impak op die lewens van ons kinders en ouers te maak deur 'n holistiese benadering tot nasorg te bied.

Ons Visie


Ons visie is om 'n gemeenskap van kinders te inspireer wat selfvertroue het, 'n liefde vir leer en ontdekking het, en sterk waardes besit. Ons as naskool is toegewyd om drome waar te maak, kreatiwiteit te bevorder, en 'n vreugdevolle leeromgewing te skep.

Ons Fokuspunte

Wysneus-Nasorg's image

Uitnemendheid in Ondersteuning

Ons is toegewyd om uitsonderlike akademiese en emosionele ondersteuning aan elke kind in ons sorg te bied.

Wysneus-Nasorg's image

Veiligheid en Vertroue

Ons beloof om 'n veilige en betroubare omgewing te handhaaf waar kinders hulself kan wees en kan groei.

Wysneus-Nasorg's image

Samewerking met Ouers

Ons is 'n vennoot vir ouers in die opvoeding van hul kinders, en ons sal saamwerk om elke kind se potensiaal te ontsluit.

Wysneus-Nasorg's image

Liefde vir Leer

Ons sal 'n liefde vir leer en ontdekking aanmoedig en kinders inspireer om hulle drome na te volg.

Dankieboodskap


Ons wil graag ons opregte dank uitspreek vir jou belangstelling in Wysneus-Nasorg en die vertroue wat jy in ons stel. Dit is 'n voorreg om deel te wees van jou kind se groei en ontwikkeling. Dankie dat jy ons familie geword het en saam met ons drome waar maak. Ons sien uit na die voortsetting van hierdie reis saam met jou.